Het jy gehoor?

Anri van der Linde se skoonheidswenke

“’n Gekleurde vogroom soos Bobbi Brown Tinted Moisturizer (R345, eksklusief by Edgars) helder dadelik my gesig op. Ek gebruik ook ’n verbronser pleks van ’n blosser, want dit voel meer natuurlik. Ek tik dit aan op my neus, voorkop en wange – oral waar die son se lig natuurlik sal val. Ek’s ook mal oor La Mer se oogroom (R1 650), wat ek onlangs by ’n vriendin present gekry het.”

Anri glo in ’n holistiese benadering en sê sy kan nie op haar beste lyk sonder water, slaap en sonbeskerming nie.

“En natuurlik is selfvertroue een van die belangrikste dinge wat jou vinnig mooier laat lyk. As jy net begin om positief te dink lyk jy al klaar beter!”