FOTO: Juicy Couture

FOTO: Juicy Couture

Het jy gehoor?

Behati Prinsloo gesig van nuwe parfuum

Die Namibiese supermodel Behati Prinsloo is onlangs aangewys as die nuwe gesig van die mode-en-skoonheidshuis Juicy Couture se splinternuwe parfuum, I Am Juicy Couture.

Behati sal later vanjaar in ’n speelse advertensieveldtog vir die nuwe geur verskyn. Gelukkig het Juicy Couture ’n paar voorskou-video’s op hul Instagram-profiel gedeel.

#IAMNOT

A video posted by Juicy Couture (@juicycouture) on

 

Eerste amptelike foto’s van prins Georige en sy sussie – kyk hiér!

Volgens ’n persverklaring wakker die nuwe I Am Juicy Couture ’n glansryke rebellie in vroue aan om ’n blywende indruk op die wêreld te maak. Die geur kombineer note van framboos, pomelo en grenadella met katjiepiering en roos en spog ook met ’n unieke versuikerde amber-akkoord wat spesiaal vir dié geur geskep is.

Boldly addicting and enticing: Meet our new fragrance #IAMJUICYCOUTURE

A photo posted by Juicy Couture (@juicycouture) on

Monopoly vier 80 jaar en Kaapstad kry sy eie bord

Die 26-jarige supermodel het haar loopplank-debuut op 17 gemaak. Sedertien het sy in advertensieveldtogte vir modehuise soos Oscar de la Renta, Lacoste en Tommy Hilfiger verskyn en is tans een van die gewilde Victoria’s Secret Angels.

I Am Juicy Couture (R1 050 vir 100 ml EDP) sal vanaf September in SA beskikbaar wees.

I Am Juicy Couture Bottle

I Am Juicy Couture (R1 050 vir 100 ml EDP)

Het jy geweet?

  • Behati is verlede jaar met die sexy Maroon 5-sanger Adam Levine getroud.
  • Sy is ook ’n kranige fotograaf en het in 2010 ’n galery-uitstalling van haar fotografiese werk aangebied tydens Fashion’s Night Out.

Die waarheid agter haarverlies-mites – lees meer!