FOTO: Coty

FOTO: Coty

Het jy gehoor?

Clint Eastwood se seun nuwe gesig van parfuum

Die smeulende akteur Scott Eastwood is vandag as die nuwe gesig van die mansgeur Davidoff Cool Water aangewys – net betyds vir Valentynsdag!

Dié 28-jarige, seun van die bekende akteur en regisseur Clint Eastwood, is besig om vinnig vir homself naam te maak in Hollywood. Hy is tans saam met Brad Pitt in die wêreldoorlog-drama Fury te sien en maak binnekort sy hoofrol-debuut in die filmverwerking van skrywer Nicholas Sparks se topverkoper The Longest Ride.

Karlien van Jaarsveld se groot nuus op Valentynsdag… – lees meer hiér!

Daarby is Scott ’n kranige branderplankryer wat hom die perfekte keuse vir dié advertensieveldtog maak. “Die see is vir so lank as wat ek kan onthou ’n groot deel van my lewe en ek is trots daarop om die gesig van ’n geur te wees wat sinoniem is met daardie leefstyl,” sê Scott.

As die vars nuwe gesig vir Davidoff Cool Water verteenwoordig Scott ’n avontuurlustige man wat lief is vir die buitelewe, sê Steve Mormoris, bemarkingsbestuurder van Coty-parfuums, in ’n persverklaring.

MOET-KYK: SA sterre in romantiese video

Davidoff Cool Water (R1 070 vir 125 ml EDT) is ’n eenvoudige en manlike geur met note soos seewater, kruisement en tabak. Dié advertensieveldtog is ’n eerste vir Scott en sal vanjaar tydens die winter bekend gestel word.

FOTO: Instagram (@davidoffcoolwaterparfums)

FOTO: Instagram (@davidoffcoolwaterparfums)

Druk dié uit en verseker die perfekte Valentynsdag!