FOTO: Instagram (@ciske79)

Het jy gehoor?

Bekende aktrise & haarkapper deel top-5-haarstyle vir 2014

Ciske Kruger, bekend vir haar rolle as Bakgat se Christie en Driekie in Getroud met rugby, is deesdae ook ’n haarstilis. Sy deel haar top-5-haarstyle vir 2014.

1. Die bob

Al meer vroue wat in die salon kom, vra om hul hare korter te sny. Ek dink die bob – lank óf kort – is op die oomblik ’n baie groot tendens.

Taylor Swift dra nou haar hare in ’n langer bob – kyk HIER na die foto

2. Korter style soos die pixie

Ek dink Hollywood speel ’n groot rol hierin. Baie vroue wil hul hare hê soos Charlize Theron s’n hê.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images


Jennifer Lawrence en ander sterre dra ook die pixie

Jennifer Lawrence is een van baie bekendes wat deesdae haar hare in die pixie-styl dra.

Jennifer Lawrence is een van baie bekendes wat deesdae haar hare in die pixie-styl dra

Aktrise Ciske Kruger praat oor haar lewe ná haar egskeiding

3. Natuurlike voorkoms

Vroue wil nie meer elke dag hul hare met ’n stileeryster reguit maak nie, want dit beskadig die punte van hul hare. Al meer vroue dra hul hare meer natuurlik. En nie net in die stilering nie, maar ook die kleur, omdat dit nie soveel skade doen nie.

Die Britse model, Cara Delevingne, se hare lyk natuurlik bruin en nie so reguit soos wat die mode was nie, op die voorblad van Januarie se British Vogue.

Die Britse model, Cara Delevingne, se hare lyk natuurlik bruin en nie so reguit soos wat die mode was nie. Hier pronk sy op die voorblad van Januarie se Britse Vogue

4. Sagte golwe vir lang hare

Pylreguit-hare is nie meer so in die mode nie – ook nie baie stywe krulle nie. Die groot tendens deesdae is om jou hare in sagte golwe te stileer. Kort hare word weer eerder reguit gedra.

Die Suid-Afrikaanse model, Candice Swanepoel, se lang hare lyk sag en natuurlik met golwe. FOTO: Instagram (@angelcandices)

Die Suid-Afrikaanse model, Candice Swanepoel, se lang hare lyk sag en natuurlik met golwe. FOTO: Instagram (@angelcandices)

5. Blonder en ligter

Blonde hare is beslis nog een van die gunsteling-skakerings vir ons hare. Baie vroue in die salon vra dat ons hul hare ligter sal kleur.

Angelique se nuwe ombré-haarkleur FOTO: Facebook

Angelique Gerber se nuwe ombré-haarkleur gee haar hare ‘n ligter voorkoms
FOTO: Facebook

*Ciske is die mede-eienaar en haarstilis by die salon Dis’se Moet in Boskruin, Johannesburg. Lees HIER meer oor Ciske se lewe ná haar egskeiding.