FOTO: L'Oréal

Het jy gehoor?

Bekende aktrise nou ook gesig van skoonheidshuis

Die gewilde skoonheidshuis L’Oréal het onlangs die Oscar-benoemde aktrise Naomi Watts as nog een van hul gesigte aangewys. En met haar elegante skoonheid en veelsydige akteursvernuf pas sy perfek in dié nuwe rol.

Volgens L’Oréal maak haar klassieke skoonheid haar die perfekte gesig vir die skoonheidshuis se Revitalift-velsorgreeks. “Stralend, opreg en charismaties; sy verteenwoordig die wese van ’n vrou met waarde,” het Cyril Chapuy, internasionale handelsmerk-president van L’Oréal Paris, gesê.

Vir Naomi is L’Oréal se bekende slagspreuk “Because You’re Worth It” nie net ’n slagspreuk nie, maar ’n inspirerende mantra vir vrouens van alle ouderdomme regoor die wêreld. “L’Oréal Paris verteenwoordig soveel meer as skoonheidsprodukte, hul moedig ook selfbekragtiging en selfvertroue aan.”

Pienk hare vir borskankerbewustheid dié maand

Naomi, wat bekend is vir haar rolle in flieks soos The Impossible en King Kong, volg in die voetspore van bekendes soos Blake Lively, Eva Longoria en supermodel Karlie Kloss, wat ook onlangs deel van die L’Oréal-familie geword het.

Lees meer oor supermodel Karlie Kloss en L’Oréal

 

Het jy geweet?

Naomi is graag betrokke by liefdadigheidswerk wat Vigs-verwante kwessies takel en is onder andere ’n Goodwill Ambassador vir die Joint United Nations Program on HIV/AIDS.

Lees hiér vir watter rol Naomi Watts ’n Oscar-benoeming gekry het