FOTO: Olay

Het jy gehoor?

Bekende aktrise nuwe internasionale gesig van velsorghuis

Katie Holmes is pas aangewys as die velsorghuis Olay se internasionale ambassadeur. Met dié nuwe rol sal die aktrise te sien wees in ’n splinternuwe advertensieveldtog wat vroue sal aanmoedig om die handelsnaam se slagspreuk, Your Best Beautiful, uit te leef.

“Olay is ’n handelsnaam wat ek respekteer en vertrou, en waarin ek glo. Ek’s mal oor die produkte en die boodskap aan vroue om nooit tevrede te wees met net naasbeste nie,” sê Katie oor haar nuwe rol.

Katie Holmes deel hiér haar modewenke

Olay word beskou as die voorste velsorg-handelsmerk vir vroue wêreldwyd en is beskikbaar op vyf kontinente. Met dié nuwe advertensieveldtog wil Olay Suid-Afrikaners aanmoedig om hul velsorg-gewoontes te vernuwe, sê Lesego Tukakhomo, plaaslike skoonheid-kommunikasiebestuurder vir Olay. “Hierdie is ’n baie opwindende tyd vir Olay, internasionaal en plaaslik. Met Katie Holmes as ons internasionale handelsmerk-ambassadeur spreek dit van die goeie werk wat ons doen.”

Hoekom jy jou nek-area moet versorg – lees meer!

Het jy geweet?

  • Katie is in die staat Ohio gebore en het daar grootgeword. Dit is ook die tuisstaat van Olay se Amerikaanse hoofkantoor.
  • Sy het in 2008 haar eie modereeks, Holmes & Yang, begin saam met haar stileerder, Jeanne Yang.
  • Sy maak binnekort haar debuut as regisseur wanneer sy die regie van die film All We Had, wat op die gelyknamige boek van Annie Weatherwax gebaseer is, behartig.

Velsorg vir jou 20’s en 30’s – lees meer!