FOTO: Neutrogena

FOTO: Neutrogena

Het jy gehoor?

Bekende aktrise nuwe lid van Neutrogena-familie

Die Emmy-benoemde aktrise Kerry Washington is die nuutste toevoeging tot die skoonheidshuis Neutrogena se bekende gesigte. Die Scandal-ster gaan nie nét ’n mooi gesig wees nie; sy gaan ook as kreatiewe konsultant vir Neutrogena optree – ’n eerste vir dié skoonheidshuis.

“Hoe meer ek van die maatskappy se waardes, beginsels en toewyding tot gehalte geleer het, hoe meer het ek besef dat Neutrogena soveel meer as net jou gewone skoonheidshuis is,” het Kerry oor haar nuwe uitdaging gesê. “As kreatiewe konsultant sal ek ’n werklike stem in dié wonderlike skoonheidshuis hê.”

SA aktrise gesig van internasionale velsorgmaatskappy – lees meer!

Sy is gekies as ambassadeur vir haar werketiek, toewyding tot liefdadigheid en haar vermoë om ’n gebalanseerde lewe te leef. “Daarby het sy ook ’n pragtig gesonde vel wat haar uiteraard ’n goeie keuse gemaak het,” het Michelle Freyre, algemene bestuurder van Neutrogena, gesê.

Kyk hiér na ’n advertensie vir Neutrogena waarin Kerry Washington verskyn.

Ook deel van die Neutrogena-familie is bekendes soos Jennifer Garner, Julie Bowen en Hayden Panettiere.

Velsorg: Lyk en voel mooier