sundowners
Het jy gehoor?

Bekende mans oor hul skoonheidsprodukte

Nico Panagio, TV-aanbieder en akteur

Ek gebruik Environ se Ionzyme C-Quence-reeks vir my gesig. Hul Ionzyme C-Quence 1 (R553) en Ionzyme C-Quence Crème (R461) is my gunsteling-produkte.

My vel beskerm ek teen die son met Environ RAD (R175).

’n Natuurlike lyfroom sonder enige geurmiddels is vir my meer manlik! Ek gebruik tans Epizone A (vanaf R27 by Dis-Chem).

Nico gebruik produkte van Environ vir sy gesig en parfuumlose rome, soos Epizone A, op sy lyf.

BO: Environ C-Quence 1 (R553), Epizone A (vanaf R27 by Dis-Chem) en Environ RAD (R175)

___________________________________________________

Die Protea, Faf du Plessis, gebruik graag Thierry Mugler se A*Men EDT.

Faf du Plessis, krieketspeler

Ek hou baie van Nimue Man Phyto-Gel Wash (R328) vir my gesig, veral omdat jy dit ook as ’n skeerroom kan gebruik.

Nimue Body Wash (R198) is my gunsteling-lyfseep.

Dan moet ’n man darem lekker ruik ook … Daarvoor is Thierry Mugler A*Men (R860 vir 100 ml EDT) perfek.

Faf gebruik Nimue se gesigprodukte én lyfwas. Vir bietjie ekstra geur, spuit hy Thierry Mugler A*Men aan.

BO: Nimue Man Phyto-Gel Wash (R328), Thierry Mugler A*Men (R860 vir 100 ml EDT) en Nimue Body Wash (R198)

___________________________________________________

Jacques Bessinger is nog lank nie bles nie, maar hy verkies sjampoe wat die groei van sy hare stimuleer.

Jacques Bessinger, akteur

Ek gebruik al tien jaar lank Clarins se velsorgprodukte. My gunsteling is Clarins Men Super Moisture Balm (R325 vir 50 ml).

Clarins Anti-Fatigue Eye Serum (R260 vir 20 ml) werk ook baie goed.

Redken se Intra Force-reeks (R270 vir die sjampoe) stimuleer jou haarfollikels sodat jou hare groei en dit voorkom dat jy bles word!

Jacques gebruik al vir tien jaar Clarins Men gesigprodukte. Hy was sy hare met Redken se Intraforce sjampoe - hy sê dit keer dat mens bles word!

BO: Clarins Men Anti-Fatigue Eye Serum (R260 vir 20 ml), Redken Intra Force Shampoo (R270) en Clarins Men Super Moisture Balm (R325 vir 50 ml)

________________________________________________

Dewald gebruik L'Oréal Revitalift 5 Daily Moisturizer, want dit hou jou vel jonk!

Dewald Wasserfall, sanger

Ek was my gesig met L’Oréal Men Expert Hydra Energetic X Daily Purifying Wash (R80) – dit voel soos peperment op my vel.

L’Oréal Men Expert Vita Lift 5 Daily Moisturizer (R150) laat jou vel glo jonger lyk, so ek hou aan probeer! My gunsteling-parfuum is Ferrari Red (R425 vir 75 ml EDT).

Dewald gebruik L'Oréal-produkte vir sy gesig, maar sy gunsteling produk is Ferrari Red EDT!

BO: L’Oréal Men Expert Hydra Energetic X Daily Purifying Wash (R150), Ferrari Red (R425 vir 75 ml EDT) en L’Oréal Men Expert Vita Lift 5 Daily Moisturizer (R150).