gisele_bundchen_harpers_bazaar_australia_1
Het jy gehoor?

Nuwe veldtog met Gisele Bündchen beloof iets pragtig

Wie kan die modehuis Chanel se romantiese Frans-geïnspireerde advertensie met Nicole Kidman vergeet? En nou het Chanel weer die bekroonde regisseur Baz Luhrmann se hulp ingeroep vir hul nuwe Chanel N°5-veldtog – dié keer met Gisele Bündchen.

Gisele se natuurlike skoonheid en moderne vroulikheid het haar die ideale keuse vir dié veldtog gemaak, het dié modehuis gesê. Gisele is reeds bekend met Chanel nadat sy die gesig van hul Les Beiges-verbronser was.

Dít is supermodel Gisele Bündchen se geheim!

Gisele in 'n Chanel Les Beiges verbronser advertensie

Vorige gesigte van die ikoniese parfuum CHANEL N°5 sluit Brad Pitt, Nicole Kidman en Marilyn Monroe (lees HIER meer) in. Die regisseur van dié veldtog is Baz Luhrmann, bekend vir sy unieke styl in rolprente soos The Great Gatsby en Moulin Rouge. Hy was ook verantwoordelik vir die Chanel N°5-advertensie waarin Nicole Kidman gespeel het.

 Gisele deel ‘n kontroversiële foto – lees hier!

Nicole Kidman in ’n Moulin Rouge-rol vir Chanel N°5

Die veldtog met Gisele sal teen die einde van die jaar bekendgestel word. En dit beloof om pragtig te wees!