FOTO: Instagram (@nailsinc)

Het jy gehoor?

Bekende ontwerper stel eksklusiewe naellak bekend

Die bekende sanger en modeontwerper Victoria Beckham het saam met die skoonheidshuis Nails Inc twee eksklusiewe naellak-skakerings uitgebring.

Die twee skakerings is net vir ’n beperkte tydperk beskikbaar – daar is ’n helder rooi-oranje, Judo Red, en ’n vaalwit, Bamboo White. Elke botteltjie spog ook met ’n eenvoudige en luukse swart-en-wit ontwerp met ’n mat-afwerking.

FOTO: Instagram (@nailsinc)

FOTO: Instagram (@nailsinc)

Victoria Beckham bêre ’n spesiale rok vir haar dogter Harper – lees meer!

Met dié skakerings kry aanhangers ’n voorsmakie van die 40-jarige ontwerper se nuwe modereeks, Victoria, Victoria Beckham, wat volgende jaar bekend gestel word. Die skakerings se name verklap ook die Japannese kultuur wat subtiel as inspirasie vir dié modereeks gedien het.

FOTO: Instagram (@nailsinc)

FOTO: Instagram (@nailsinc)

FOTO’s: Victoria Beckham in Suid-Afrika!

Introducing Victoria, Victoria Beckham x Nails Inc. Available Monday x vb #VVBNAILSINC http://ow.ly/FpeNW

A video posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

In die skoonheidstoor: Naelprodukte vir lente