FOTO: Instagram (@lamerofficial)

FOTO: Instagram (@lamerofficial)

Het jy gehoor?

Bekende paartjie te sien in skoonheid-advertensieveldtog

Die sosiale vlinder Olivia Palermo en haar Duitse model-man, Johannes Huebl, kan in ’n nuwe advertensieveldtog vir die luukse skoonheidshuis La Mer nie hul oë van mekaar afhou nie. En met goeie rede…

In die splinternuwe advertensie-fliek kry aanhangers ’n kykie na hoe die glanspaartjie regmaak vir ’n aand uit. Kyk hiér na die romantiese video:

Jou maklike haardae begin hier – lees meer!

Dié video-advertensie is die eerste in ’n reeks van drie in La Mer se Illuminating Moments-veldtog waarin drie glanspaartjies van oor die hele wêreld gaan verskyn, het die skoonheidshuis aan die Britse koerant The Telegraph gesê. Die werklike ster van die veldtog is La Mer se splinternuwe Illuminating Eye Gel. “Oë het die sterkste aantrekkingskrag… ’n Man of vrou sê dalk nie ’n woord nie, maar hul oë vertel alles,” het Loretta Miraglia, adjunkbestuurder van Crème de la Mer, aan The Telegraph gesê.

La Mer het verskeie agter-die-skerms-foto’s van hul Illuminating Moments-veldtog op hul Instagram-profiel gedeel.

Só het Olivia en Johannes op hul troudag gelyk – foto’s

A look inside @oliviapalermo’s bag during the New York shoot. #eyeslightup

A photo posted by La Mer (@lamerofficial) on

Ons verhouding is voorspelbaar – hiér’s raad!

Buiten die video-advertensies het die skoonheidshuis ook ’n interaktiewe veldtog op hul webblad van stapel gestuur waar aanhangers ’n mosaïek uit hul gunsteling- Facebook- of Instagram-foto’s kan deel met die hutsmerk #eyeslightup.

Bronne: www.telegraph.co.uk, www.harpersbazaar.co.uk