Miss-Dior-natalie-portman
Het jy gehoor?

Bekende parfuum onthul nuwe advertensieveldtog

Die bekende mode- en skoonheidshuis Dior het pas ’n splinternuwe advertensieveldtog vir hul ikoniese Miss Dior-parfuum onthul. En dié ‘nuwe’ Miss Dior is vry en avontuurlustig!

In die nuwe advertensie-film besluit die gesig van Miss Dior, Natalie Portman, om haar trouskoene voor die kansel uit te skop en eerder vryheid en avontuur na te jaag. Met dié film vier die ikoniese skoonheidshuis ’n nuwe Miss Dior wat onseker is, maar tog kanse vat en vryheid met mening nastreef, sê die skoonheidshuis op hul webtuiste.

Kyk hiér na die opwindende nuwe advertensie-film:

Laat só jou parfuum hou

Miss Dior is die ontwerper Christian Dior se eerste geur en is geïnspireer deur sy jonger suster, Catherine, volgens www.dior.com. Sy was ’n vrou vol lewenslus met ’n sin vir avontuur. Miss Dior het haar liefde vir vry-wees geërf.

Dié voorsmakie is gister op Dior se Instagram-profiel gedeel.

Miss Dior is up for a new start. Stay tuned. February 4th. #itsmissactually

A video posted by Dior Official (@dior) on

Haarsorgreeks kry nuwe gesig – lees meer!

Dior Miss Dior (R1 230 vir 50 ml EDP) is ’n vars blomgeur en bevat note soos jasmyn, patsjoelie en roos.

Dior Miss Dior (R 1230 vir 50 ml EDP)

Dior Miss Dior (R 1230 vir 50 ml EDP)

Angelina Jolie: Die wêreld se mees bewonderde vrou