FOTO Instagram (@aliciakeys)

FOTO Instagram (@aliciakeys)

Het jy gehoor?

Bekende sanger gaan nóóit weer grimering dra nie

Die laaste paar jaar deel al hoe meer bekendes selfies op sosiale media waar hul geen grimering aan het nie. Ook plaaslike bekendes soos Karlien van Jaarsveld en Dunay van Heerden het al #nomakeup-selfies gedeel. Nou het die Amerikaanse sanger Alicia Keys besluit om dié tendens ’n stappie verder te vat … Sy het besluit om nóóit weer enige grimering te dra nie – nie eens op die rooi tapyt nie!

Die 35-jarige sanger het in Mei vanjaar in ’n nuusbrief-inskrywing op die aktrise Lena Dunham se webtuiste Lennyletter.com haar besluit om voortaan grimering-vry te gaan onthul, berig The Washington Post aanlyn.

In die inskrywing vertel sy dat Hollywood se voortdurende kollig haar oor die jare dikwels gedwing het om haar voorkoms te verander net sodat sy aanvaar kan word. Sy is ook moeg vir die druk wat vroue oral elke liewe dag ervaar om byvoorbeeld mooi en sexy te lyk of maer te wees, sê sy. Nadat ’n fotograaf voorgestel het dat sy vir die fotosessie van haar nuwe liedjie, “In Common”, sonder enige grimering afgeneem word, het sy toe besluit het om nie meer agter grimering te skuil nie. “…dis die sterkste, mees bemagtigende, vryste en die eerlikste mooi wat ek nóg in my lewe gevoel het,” sê sy oor dié ervaring.

 

 

Sedertien het Alicia al ’n paar keer selfs op die rooi tapyt sonder grimering verskyn – en sy lyk steeds so mooi soos altyd!

Wat dink jý?

Sal jy vir die res van jou lewe grimering opgee?

  • JA
  • NEE

 

Kliek hiér om nóg bekendes se #nomakeup-selfies te sien

 

Lees nou

SA vroue bly lief vir lipstiffie – selfs as ekonomie knyp

Keira Knightley verklap: ‘Ek dra al jare pruike’