FOTO: Instagram (@cliniquesa)

FOTO: Instagram (@cliniquesa)

Het jy gehoor?

Bekende skoonheidshuis begin inspirerende advertensieveldtog

Vergeet van Hollywood-aktrises en bekende modelle. Die sterre van ’n inspirerende skoonheid-advertensieveldtog is drie jong vroue-entrepreneurs wat ons inspireer om ons drome na te jaag.

Die skoonheidshuis Clinique se splinternuwe #FaceForward-veldtog vier hul ikoniese 3-stap-velsorgroetine (reiniger, verfrisser en vogroom). Hiermee moedig hulle vroue aan om hul ambisies na te jaag en hul prestasies te vier. Die veldtog spog met drie jong ambassadeurs wat presies dít doen: Tavi Gevinson, ’n 19-jarige Amerikaanse mode-blogger en opkomende aktrise, Margaret Zhang, ’n 21-jarige blogger, fotograaf, skrywer én regstudent van Australië, en Hannah Bronfman, ’n 25-jarige radiopersoonlikheid en skoonheidsentrepreneur, ook van Amerika.

Hoe gaan jy jou 67 minute spandeer? Hiér is ’n paar idees

“#FaceForward moedig vroue aan om na hul toekoms te kyk, doelwitte te stel en hul aspirasies na te streef: Maak ’n belofte aan die toekoms. En deel dit met die wêreld,” sê die skoonheidshuis in ’n persverklaring.

As deel van die veldtog deel die drie ambassadeurs hiér hul sukses- en skoonheid-stories met onderhoude, foto’s en video’s.

Dié drie video’s van elk is ook op sosiale media gedeel:

Tavi Gevinson

Margaret Zhang

Hannah Bronfman

Maklike wenke vir ’n winter-dieet

“Ons skep ’n gesamentlike beweging van vroue wat sterk, intelligent, hardwerkend, waaghalsig en avontuurlustig is.”

Clinique nooi aanhangers ook uit om deel van die #FaceForward-veldtog te word deur aan jou toekomstige self raad te gee en dit op sosialemedia-platforms te deel saam met dié hutsmerk.

Die Clinique 3-Step Skin Care-reeks se pryse wissel van R190 tot R470.

Today. The day the future unfolds. #FaceForward

A video posted by Clinique South Africa (@cliniquesa) on

Trots SA velsorgreeks het nuwe spa in Dainfern