FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Bekendes se nuwe parfuums kom SA toe!

Drie van die wêreld se grootste musieksterre het nuwe parfuums. Hou jou oë oop vir Justin Bieber, Britney Spears en Taylor Swift se geure wat binnekort op die rak gaan wees.

Justin Bieber The Key (R395 vir 30 ml EDP) bevat note soos nartjie, peer, jasmyn, waterlelie, perske en vanielje.

“Die sleutel is vir my ’n simbool om altyd aan te hou glo,” sê Justin. Vandaar die naam van die parfuum. Die parfuumbottel bevat ook ‘n gelukbringer in die vorm van ‘n sleutel.  Hy het reeds twee ander parfuums, Believe en Girlfriend, op die mark, en het al toekennings vir dié geure gewen.

Meer oor Justin se vorige geur, Girlfriend.

Kyk hier na die advertensie van Justin Bieber The Key.

Die Grammy-bekroonde sangeres Taylor Swift volg haar eerste twee parfuums, Wonderstruck en Wonderstruck Enchanted, op met die splinternuwe Taylor by Taylor Swift (R395 vir 30 ml EDP). Dit is ‘n vrugtige blomgeur met note soos lietsjie, nartjie, appelkoos en pinksterroos. Dié parfuum is vanaf September op die rak.

 

 

 

Kyk na dié video om te sien wat die inspirasie vir Taylor by Taylor Swift was.

Taylor en Justin se parfuums het dié jaar groot toekennings gewen!

 

Britney Spears se gunsteling-vakansieplek is ‘n tropiese eiland. Dié dat dit die inspirasie agter haar elfde geur, Island Fantasy (R425 vir 100 ml EDT), is. Dis ‘n kombinasie van note soos nartjie, waatlemoen, jasmyn, freesia en viooltjies. Muskus en suikerriet in die onderste note maak dié geur soet en vroulik, nes Britney self.