Eight Hour Cream Skin Protectant Limited Edition
Het jy gehoor?

Beperkte uitgawe van ikoniese produk vandag beskikbaar PLUS hulle stel nuwe gesig bekend

Dit is sedert 1930 ’n gunsteling-skoonheidsproduk onder vroue en van vandag is die Elizabeth Arden Eight Hour Cream Skin Protectant in ’n beperkte verpakking beskikbaar!

Eight Hour Cream Skin Protectant Limited Edition

Die Eight Hour Cream Limited Edition Iconic Collection (R165) is ’n bloedrooi potjie en een van die grootste mode-tendense, kleurblok, gee dit ’n moderne voorkoms. Dié room help om baie droë vel te bevog, beskerm en streel om dit sag en glad te laat.

Elizabeth Arden het ook verlede week by ’n glansgeleentheid in Johannesburg hul nuutste gesig uit Afrika bekend gemaak. Die Nigeriese model Adeola Ariyo sal in die Afrika-advertensies vir hul Visible Difference- en Skin Illuminating-reekse en onderlae verskyn.

Adeola Ariyo FOTO: Verskaf

Adeola Ariyo FOTO: Verskaf

 

’n Tydlyn van Elizabeth Arden

1884: Elizabeth Arden, oftewel Florence Nightingale Graham, word in Kanada gebore. Sy het later haar naam verander.

1910: Die Elizabeth Arden Red Door-salon maak sy deure oop in Fifth Avenue, New York.

1930: Eight Hour Cream verskyn. (Vandag ook in ’n gesigroom, handeroom, lyfroom, sonroom en lipsalf te kry.)

1942: Sy skep ’n rooi lipstiffie, Montezuma Red, om te pas by vroue se militêre uniforms in die Tweede Wêreldoorlog.

1946: Sy is die eerste vrou wat op die voorblad van die tydskrif Time verskyn.

elizabeth arden time

1962: Hou modeontwerper Oscar de la Renta (toe nog onbekend) se ontwerpe in haar salon aan.

1966: Elizabeth Arden oorlede.

1972: Bekendstelling van Flawless Finish Sponge-On Cream, die eerste onderlaag waar jy self kan kies hoeveel bedekking jy wil hê.

1974: Die Visible Difference-vogroom, veral ideaal vir droë en sensitiewe vel, word by hul bestaande reeks gevoeg.

1989: Arden skep ’n parfuum, Red Door, wat deur die eerste salon se rooi deur geïnspireer is.

1990: Die skoonheidshuis ontwikkel die eerste velsorg in ’n kapsule-vorm, Ceramide Gold Ultra Restorative Capsules.

2005: Hulle skep hul eerste kosmeseutiese produk om by te hou met die vraag na produkte wat teenveroudering takel, Prevage Anti-aging Treatment.

2010: Elizabeth Arden vier hul 100ste bestaansjaar en vernuwe produkte se verpakking.

2012: Visible Difference word weer bekend gestel – dié keer in ’n hele reeks produkte.

2013: Die nuwe Skin Illuminating-reeks sorg dat jou vel straal.