Het jy gehoor?

Bespreek jou mooimaaksessie!

Bespreek ‘n mooimaaksessie by Menlyn- (Pretoria) of Gateway-winkelsentrum (Durban) – Estée Lauder sal jou grimering opknap en jou hare stileer. Dan sal ‘n professionele fotograaf jou afneem, en jy kry die foto op ‘n geheuestokkie – reg om op te laai as jou Facebook-profielfoto!

SKRYF OOK JOU ‘VOOR’ EN ‘NA’-FOTO’S IN VIR DIE ESTÉE LAUDER BEAUTIFUL-WEDSTRYD EN WEN!

Die romantiese geur van Estée Lauder Beautiful kombineer meer as 1 000 blomme – ideaal vir ‘n spesiale dag. Teken ook in op SARIE teen ‘n afslagprys by die Menlyn-funksie.

HOE OM TE BESPREEK

Stuur e-pos met jou naam en kontakbesonderhede

na events@za.esteelauder.com of skakel 011 516 3131.

Die besprekingsfooi is R200. Na afloop van jou sessie kan jy dit as ‘n Estée Lauder-koopbewys gebruik!

Estée Lauder Beautiful

Waar en hoe laat?

MENLYN-WINKELSENTRUM, PRETORIA

Datums: 2 – 7 Februarie 2010

Tyd: 09:00 – 17:30

GATEWAY-WINKELSENTRUM, DURBAN

Datums: 9 – 14 Februarie 2010

Tyd: 09:00 – 17:30

  • Juliana

    Hello
    Hoekom word daar nie ‘n sessie in Kaapstad gehou nie?

  • Heila

    Hello

    Ja ek wil ook graag weet hoekom daar nie ‘n sessie in Kaapstad gehou word nie?

  • Igna Kotze

    Dag sê
    Graag sal ek wil weet: "Hoekom is hierdie sessie net altyd in die stede en nooit op die platteland nie, ons op die platteland lees ook die SARIE?" Gee ons ook `n kans!
    PLATTELANDSE LESERS

  • NADIA NAUDE

    Kom tog bloem toe ook asb! Beautiful is my gunsteling parfuum!

  • Petro Doman

    Kom bietjie Polokwane (die ou Pietersburg) toe. Ons is baie dames wat ook "pampering" verlang.

  • elmarie

    Ek stem saam dit sou nou baie lekker gewees het om vir n slag gespoil te word. bring dit kaap toe.Ek sal R200 betaal om deur Estée Lauder mooi gemaak te word enige tyd.

  • Wat van ons hier in Upington.dit nog altyd een van my wense/drome om so pamperlang te word en mooi gemaak te word, mooi aan te trek deur ander mense.

  • QOyC4q kwflkbslmmjc, [url=http://lobcesuoauhd.com/]lobcesuoauhd[/url], [link=http://lxkhledrfzog.com/]lxkhledrfzog[/link], http://wxvsqlxnlqzs.com/

  • nadia lucas

    Ja, ek stem ook. Almal wat ‘n Estee Lauder mooimaak sessie in kaapstad wil hê sê AMEN!!!