feb_2013
Het jy gehoor?

Bespreek vir ons lesersdag saam met Dermalogica

Dermalogica se velsorg-spesialiste kom gesels oor wêreldklas-velsorg, en die bekende ontwerper Gert-Johan Coetzee en SARIE se Fanie Cronjé praat oor styl en mode. Hulle verduidelik ook hoe dié twee – velsorg en mode – hand aan hand gaan.

Gert-Johan CoetzeeFanie Cronjé

Die bekende Springbok-rugbyspeler Francois Hougaard is ’n gas by die Pretoriaoggend, en aktrise Leandie du Randt woon albei geleenthede by.

Francois HougaardLeandie du Randt

Net vir jou!

  • Geskenkpak ter waarde van sowat R1 000
  • Eksklusiewe Dermalogica-velsorganalise
  • Massering
  • Handversorging

Kenners van Dermalogica, die wêreld se nr. 1-professionele velsorgreeks, gaan regstaan om al die vrae wat jy nog altyd oor jou vel wou vra, te beantwoord. En dit alles gebeur terwyl jy lekker bederf word.

Bloemfontein
Datum: 2 Maart 2013
Plek: The President Hotel
Tyd: 09:00 vir 09:30 – 14:00
Prys: R295 per persoon

**Pretoria se funksie is ongelukkig reeds uitverkoop.

Bespreek jou kaartjie
Bel Tharwah Nolan by 021 408 3848 of stuur vir haar ’n e-pos na tharwah.nolan@media24.com,
met “Dermalogica” in die onderwerpveld.