Het jy gehoor?

Beyoncé se suster nou ook ‘n ster

Dis nie net die popster Beyoncé wat die wêreld aan haar voete het nie. Haar jonger suster Solange Knowles is nou óók besig om bekendheid te verwerf as sangeres, liedjieskrywer, aktrise, entrepreneur én platejoggie. 

Solange het al twee albums bekend gestel, naamlik Sol-Angel and the Hadley St. Dreams en haar debuutalbum Solo Star. Boonop het sy haar lyf aktrise gehou in die rolprent Bring It On – All Or Nothing.

Solange is ook pas aangewys as een van Rimmel se nuwe gesigte en oor hierdie nuwe titel is sy baie opgewonde: “Ek was nog altyd mal oor grimering. Dit gee my die geleentheid gee om my persoonlikheid en styl uit te druk,” vertel sy.

Sy deel haar gunstelinge:

Wat is jou nommereen-skoonheidswenk?

Wees gesond, wees gelukkig, wees mooi, wees heelhartig jouself!

 Jou gunsteling-skoonheidsproduk?

Gekleurde vogroom. 

En jou gunstelingmodevoorkoms?

Gemengde patrone – Afro-chic.

Wie het die grootste invloed op jou lewe gehad?

My ma, my seun en my juffrou in graad 4.