Het jy gehoor?

Binneland-ster se skoonheidsgeheime

Skoonheid op reis
“Ek het ’n ligte vel en hou altyd ’n sonskerm vir my gesig én lyf byderhand. ’n Gesigmasker, wat ek een keer per week gebruik, word ook ingepak. Verder kyk ek na die klimaat van die plek waarheen ek reis. As die lug koud en droog is, vat ek ’n vogroom wat ryker as gewoonlik is. In ’n warmer klimaat sal my vogroom ligter wees.”
* Probeer Pond’s Flawless Radiance Blemish Prevention UV Cream (R89,99).

Beste wenk van ‘n grimeerkunstenaar
Toe ek nog ’n nuweling in die vermaakbedryf was, het ek my wenkbroue heeltemal te dun gepluk én die boog was op die verkeerde plek. ’n Grimeerkunstenaar het my geleer wat die beste vorm vir my wenkbroue is. Ek is nou so dankbaar vir dié wenk, want as ek na foto’s van destyds kyk, maak dit my verleë!
* Probeer Browtician Slant Tip and Brow Brush Mirror Compact (R99,95).

Oefening
Met bikram-joga (26 postuur-oefeninge wat oor 90 minute in ’n verhitte vertrek gedoen word) word my liggaam van binne na buite geoefen. Joga masseer jou organe en dit help om ontslae te raak van gifstowwe in jou lyf.

Innerlik gesond
Ek fokus op die skoonheid rondom my – die natuurskoon – om my kop skoon te kry. So lief soos wat ek vir mense is, maak ek seker dat ek baie stiltetyd het om te mediteer. Dan is my ma my persoonlike “selfhelp-boek”. Sy herinner my aan my seëninge wanneer ek te moedeloos of negatief is om verby my eie selfbejammering te kyk.

 

 

  • Laura Appelcrijn

    Jy is vir my beeldskoon en kannie ophou om vir jou te kyk nie

  • ina

    sy is mooi maar ai die rol maak haar lelik