blake_gucci_300w
Het jy gehoor?

Blake is ‘dit werd’

Blake Lively volg nou in die spore van bekendes soos Julianne Moore, Freida Pinto, Jennifer Lopez, Eva Longoria, Beyoncé Knowles, Lara Stone, Hugh Laurie, Laetitia Casta en Jane Fonda. Sy is pas aangewys as die nuutste gesig van L’Oréal Paris!

Lara Stone vir L’Oréal Paris

“Met haar pragtige goue hare, haar stralende voorkoms en daardie hartebreker-glimlag het sy ’n hele generasie se skoonheidsikoon geword,” sê L’Oréal Paris se wêreldwye handelsmerkbestuurder Cyril Chapuy, wat Blake as sterk, stralend en charismaties beskryf. Hy glo haar elegante, sensuele voorkoms is ’n verwesenliking van die moderne styl van Hollywood-glans.

FOTO: verskafL’Oréal is nie die eerstes wat Blake se skoonheid raaksien nie. Die mode-ikoon Karl Lagerfeld het haar self uitgekies om die gesig van die Chanel Mademoiselle-handsak te wees en sy is ook die gesig van die parfuum Gucci Première.

SARIE ontmoet Blake Lively in Venesië

Die blonde skoonheid het begin naam maak toe sy Bridget in die tienerfliek The Sisterhood of the Traveling Pants gespeel het. Haar groot deurbraak in Hollywood was egter toe sy die rol van Serena van der Woodsen in die TV-reeks Gossip Girl aanvaar het. Intussen was sy ook in die rolprent The Green Lantern (waardeur sy haar man, Ryan Reynolds, ontmoet het) en selfs in ’n paar episodes van die gewilde komedieprogram Saturday Night Live.

Blake Lively en Ryan Reynolds vier hul eerste huweliksherdenking!

FOTO: verskaf

 

 

Sy is opgewonde om L’Oréal se waarde van “We’re worth it” met vroue te deel.

“Dis belangrik om vir vroue te wys dat die sleutel tot skoonheid in selfvertroue lê,” sê sy.