bradley_twitter
Het jy gehoor?

Bradley Cooper het die sexyste hare

Bradley Cooper in Haagen Dazs-roomys se advertensies.

Die oorsese haarprodukmaatskappy Fudge het dié opname gedoen. Die maatskappy wou vasstel of vroue langer hare vir mans verkies, skryf die die Britse tydskrif Hello!.

Bradley Cooper, tans te sien in Hangover 3, se langerige haarstyl was by verre die gunsteling, maar daarna het vroue mans verkies met ‘n korter haarstyl, soos Ryan Gosling, eerder as Brad Pitt se lang hare.

7% van die vroue in die studie het gedink prins Harry se kort, rooi hare is die sexyste.Ryan Gosling is tweede op die lys van mans met die sexyste haarstyle.

FOTO: Vroue verkies korter haarstyle soos die van prins Harry en Ryan Gosling – behalwe as dit by Bradley kom!

Brad Pitt

FOTO: Dié lang haarstyl van Brad Pitt het die vroue wat aan die meningspeiling deelgeneem het, glad nie beïndruk nie.

Dié mans het die mooiste hare

  • Bradley Cooper: 40%
  • Ryan Gosling: 20%
  • David Beckham: 17%
  • Prins Harry: 7%
  • Harry Styles (lid van die boyband One Direction en Taylor Swift se eks): 5%

Kyk net hoe aantreklik lyk Bradley in dié advertensie van Häagen Dazs-roomys!

Wie dink jy is die SA celeb met die beste haarstyl?