BURGER-KING-PERFUME
Het jy gehoor?

Burger King stel ‘Whopper’-parfuum bekend!

Die Amerikaanse kitskos-kettingwinkel Burger King is bekend vir hul vreemde promosies. Nou kan Japanse aanhangers van die gewilde Burger King Whopper-burger ’n parfuum met dié burger se geur besit!

Dié unieke parfuum, genaamd Flame Grilled, ruik na beesvleis, mayonnaise, blaarslaai, tamaties, uie en selfs die geur van slaptjips. Boonop gaan net 1 000 bottels van die parfuum op 1 April in Japan te koop wees teen sowat R510, wat ook ’n Whopper-burger insluit.

Ten spyte van die Burger King Flame Grilled-parfuum se omvattende advertensieveldtog bespiegel baie egter dat die bekendstelling van die vreemde Flame Grilled-geur bloot ’n gekkedag-grap is. Ons sal maar tot môre moet wag en sien.

Die advertensie vir Burger King Japan se Flame Grilled-parfuum

Die advertensie vir Burger King Japan se Flame Grilled-parfuum

Kyk hiér na ’n advertensie-video vir die Flame Grilled-parfuum

Burger King Japan het in die verlede hamburgers wat met die ink van inkvis heeltemal swart gekleur is vir ’n beperkte tyd verkoop, asook ’n swart “Ninja”-burger met ’n “tong” van spek.

Nuwe tendens: 50 skakerings van grys hare!

Wat dink jy? Sal jy dié unieke geur wil hê? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: Huffingtonpost.com, www.standard.co.uk, www.time.com

Ons toets: Onderlaag wat goed bedek