chanelb1
Het jy gehoor?

Parfuumflieks

Dink maar net aan Chanel se No. 5-advertensies: Nicole Kidman het hier saam met regisseur Baz Luhrmann gewerk (na groot sukses saam in Moulin Rouge en later ook Australia) en in die jongste advertensie vir No. 5 span Audrey Tautou weer kragte saam met haar Amelie regisseur Jean-Pierre Jeunet.
 
Ook Sofia Coppola (regisseur van flieks soos Lost in Translation en Marie Antoinette) is deur Dior genader vir hul Miss Dior Cherie-veldtog, terwyl Frank Miller van Sin City faam verantwoordelik was vir die regie van Gucci se nuwe Guilty-advertensie.
 
Toe Chanel onlangs hul eerste onafhanklike mansgeur in 11 jaar wou bekendstel – Bleu de Chanel – het hulle besluit dat Martin Scorsese die regte man sal wees om ʼn impak te maak.  Scorsese is verantwoordelik vir rolprente soos Taxi Driver, The Departed, Gangs of New York, The Aviator en mees onlangs Shutter Island. Hy word gesien as een van die invloedrykste regisseurs van sy tyd.

Interessant genoeg is Bleu de Chanel nie Scorsese se eerste kortfilm nie. Hy het ook die regie van Micheal Jackson se “Bad” musiekvideo in 1987 behartig.
 
■ Kyk uit vir Scorsese se 30-sekonde advertensie op SABC3 en M-Net gedurende September of kliek hier.

■ Bleu de Chanel is op 27 Augustus 2010 in SA bekend gestel en is landswyd beskikbaar.

  • http://xvpsgraonmxn.com/ ffdcgjai

    HHt6ns ekbuxfphixax, [url=http://kgtzjxsxndle.com/]kgtzjxsxndle[/url], [link=http://yfwwvadnbbwp.com/]yfwwvadnbbwp[/link], http://ybhemdjnzwzk.com/