FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Cheryl Cole sonder onderlaag – ‘dis bevrydend’

Die Britse sangeres van treffers soos “Fight for this Love” en “Parachute” het sonder onderlaag in die nuwe TV-advertensie van L’Oréal Paris se Skin Perfection-velsorgreeks verskyn. Sy het net ’n vogroom en ’n paar lae maskara vir dié advertensie gedra!

“Ek het gedink ek sal gespanne en bang wees om sonder onderlaag by ’n fotosessie te wees, maar dis eintlik baie bevrydend,” sê die sangeres in ’n agter-die-skerms-video van dié advertensie. Sy voeg by dat dit vir haar lekker is om haar sproete te wys!

Kyk hier na die agter-die-skerms-video

Cheryl vertel aan die tydskrif Vogue dat sy aanvanklik ‘n bietjie weerloos gevoel het, maar toe sy die finale advertensie sien, was sy baie gelukkig.

 

Sy is die gesig van L’Oréal Paris en verskyn in verskeie van dié skoonheidshuis se advertensies, maar vir die advertensie vir die Skin Perfection-velsorgreeks is dit die eerste keer dat sy so min grimering dra. Dié reeks is ontwikkel vir vroue jonger as 35, maar is ongelukkig nie binnekort in Suid-Afrika beskikbaar nie.

Hier is die advertensie.