ed_25th_birthday_re_pack
Het jy gehoor?

CLARINS Most Dynamic Woman of the Year – jy kan WEN!

Elke oggend word derduisende Suid-Afrikaanse vroue wakker met ’n gesamentlike droom: Om hoop te gee aan kinders in nood, kinders wat net ’n hand nodig het om hulle op te trek.

Dalk het party van dié vroue ervaar watter groot verskil ’n bietjie koesterende liefde in ’n tiener se lewe kan beteken, of het hulle al gesien hoe ’n bord warm pap ’n huilende kleuter kan kalmeer, of miskien besef hulle watter verskil dit aan ’n kind se lewe maak as hy ná skool huis toe gaan en daar wag iemand wat omgee.

BENOEM ‘n dinamiese vrou!

Wat ook al hul inspirasie, dié vroue het besluit om daagliks die een ding te doen wat waarlik ’n verskil maak. Hierdie is jou kans om aan so ’n vrou die erkenning te gee wat sy verdien. As jy weet van so iemand, benoem haar vir die 2013 CLARINS/SARIE Most Dynamic Woman of the Year-toekenning.

‘n Beter toekoms vir duisende kinders

’n Simbool van lewenskragtigheid en vrygewigheid – Clarins Eau Dynamisante is reeds die afgelope 16 jaar sinoniem met die wedstryd. Dis die eerste keer in Frankryk gehou en vandag is daar meer as 60 Dynamic Women in 13 lande en het duisende kinders wêreldwyd die vooruitsig op ’n beter toekoms.