coco_mademoiselle_chanel_edp
Het jy gehoor?

Coco se lekkerste parfuum

Dis daarom nie verbasend dat heelwat rolprente oor haar lewe gemaak word nie.

Verlede jaar het Shirley McLaine haar hakskoene volgestaan in ‘n reeks wat op Amerikaanse televisie uitgesaai is (sy wag blykbaar al 50 jaar om Coco Chanel te speel!) en in die tweede helfde van die jaar vertolk Audrey Tautou die rol van Chanel in die rolprent Coco Before Chanel. (Audrey Tautou gaan ook Coco speel in die nuwe Chanel No. 5-advertensie!)

Een item wat hierdie winter grou dae sal opkikker, is Coco Mademoiselle Chanel (R950 vir 50ml EDP) – die parfuum wat seker die meeste van Coco Chanel se persoonlikheid onthul: Dié geur se wortels lê in die Ooste, een van haar gunsteling-plekke. (Lees meer oor Chanel-produkte.)