Dermalogica
Het jy gehoor?

Dermalogica stel nuwe veldtog bekend

Met Dermalogica se nuwe veldtog, Facemap the Nation, wat onlangs in Johannesburg afgeskop het, beoog hulle om hul unieke velanalise, FaceMapping®, vir sowat 5 000 mense landwyd gratis te gee.

Met FaceMapping®, wat uniek is aan Dermalogica, word jou vel in 14 sones opgedeel. ‘n Skoonheidskundige ontleed dan elk van dié sones om jou vel se huidige toestand te bepaal. Die ontleding bepaal nie jou veltipe nie, want dis geneties. Dit kyk eerder na veltoestande wat deur leefstyl veroorsaak word, soos veroudering, aknee en pigmentasie. Die skoonheidskundige stel dan produkte voor wat die beste by jou vel se behoeftes pas.

Dermalogica gaan oor die volgende drie maande die land vol reis om FaceMappings® by verskillende geleenthede te doen. Jy kry ’n reisgrootte van die Dermalogica Precleanse en ’n grimeersakkie nadat jou gratis vel-analise gedoen is. Laai dan ’n foto van jouself by dié geleentheid op Dermalogica se Facebook-blad en jy staan die kans om produkte ter waarde van R10 000 te wen!

 

Die veldtog het Saterdag by die Colour me Crazy-fees in Fourways, Johannesburg begin (foto links).  Besoek Dermalogica se Facebook-blad om te sien wanneer hulle by ’n geleentheid naby jou ’n draai kom maak!