Het jy gehoor?

Diane Kruger: parfuum se nuwe ‘skoonheid’

Hierdie parfuum (R575 vir 100 ml EDP) word as een van Calvin Klein se grootste bekendstellings in ‘n lang tyd gesien en ruik na lelies. Dié modehuis sien die lelie as ‘n “gesofistikeerde blom wat die essensie van vroulikheid vasvang – stralend en kragtig”.

Ander bekende gesigte van Calvin Klein se parfuums was Christy Turlington, Scarlett Johansson, Natalia Vodianova, Eva Mendes en Kate Moss.

Diane was onlangs te sien in die rolprente Inglourious Bastards en is bekend vir haar rolle in Troy, National Treasure en Wicker Park. Kyk ook uit vir dié Duitse aktrise in Inhale, Unknown White Male en National Treasure 3.

Het jy geweet?

Buiten haar moedertaal, wat Duits is, praat Diane ook vlot Engels en Frans en sy is ook boesemvriende met modeontwerper Karl Lagerfeld.