VIDEOGREEP: Youtube

Het jy gehoor?

Die Antwoord se ‘Enter the Ninja’ in nuwe skoonheidsadvertensie

Jy sou nie noodwendig Die Antwoord se musiek met die skoonheidsbedryf assosieer nie, maar tog het Dior dié berugte musiekgroep se “Enter the Ninja”-lied  in hul nuwe advertensie gebruik.

Harmony Korine het die regie van dié advertensie behartig en Die Antwoord se “Enter the Ninja” pas eintlik goed by die konsep vir Dior se nuwe Addict-parfuum.

’n Dromerige meisie ontdek ’n fantasiewêreld wat agter haar spieël bestaan en dit is ook hier waar sy op Dior Addict afkom. Dit is nie die oorspronklike weergawe van “Enter the Ninja” wat speel nie, maar die liedjie is beslis herkenbaar.

’n Langer weergawe van die advertensie is op Indie Wire gepubliseer. Lees die volle artikel en meer oor Harmony Korine hier.

Dit is nie die eerste keer wat Harmony en Die Antwoord saam werk nie. Hy was ook in 2011 die regisseur vir hul musiekvideo “Umshimi Wam“. Dit is die eerste keer wat hy sy aandag op die skoonheidswêreld vestig.

Nóg oor Die Antwoord op SARIE.com