Het jy gehoor?

Die geheim agter tennissterre se hare

Al ooit gewonder hoe sommige tennissterre hul hare so stylvol op die tennisbaan laat lyk? Die man agter baie van die tennisspelers se haarstyle by vanjaar se Amerikaanse Ope-tennistoernooi is die haarstileerder Julien Farel, berig die internasionale tydskrif Allure.

Dié Amerikaanse haarstileerder het sy eie pop-up salon by die Arthur Ashe-stadion in New York waar toernooi-spelers hul hare kan laat sny, vleg of stileer vóór hul wedstryde. “As hulle goed lyk, voel hulle goed. Dan kan hulle spoggerig die baan betree,” het Farel in ’n onderhoud gesê.

 

Kry só maklike lentehare!

Volgens Farel hou hy daarvan om vrouespelers se hare te vleg, veral dubbele vlegsels, omdat dit hul hare stewig vashou. Hy gebruik ook eerder jel as haarsproei om te sorg dat spelers se hare nie droog word nie. “Ek gebruik altyd iets met ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) om sonskade te voorkom en ek maak seker die produkte brand nie hul oë sodra hulle begin sweet nie.”

Sy haar-ikone op die tennisbaan is onder andere Maria Sharapova, Roger Federer, Rafael Nadal en die veteraanspeler Björn Borg.

 

Kry ’n tapisserie in jou hare – lees meer!

Farel was ook verantwoordelik vir Rafael Nadal se “Amerikaanse polospeler”-haarstyl tydens die Amerikaanse Ope-tennistoernooi in 2010, waartydens Nadal sy eerste Amerikaanse Ope-titel verower het.

Tennisster slaan ’n kishou voor die kamera

Bron: www.allure.com