Het jy gehoor?

Die geur van Halle Berry

Sy beskryf die geur as ’n vars blommemengsel met die perfekte balans, en hoe langer jy dit dra, hoe meer sensueel raak dit.

Die parfuum bestaan uit ’n verskeidenheid geure soos perske, rooi bessies, mimosablom, muskus en iris. Die bottel het ’n kontemporêre gevoel in ’n art deco-styl. 

Halle beskryf die vrou wat dié parfuum dra as kompleks, intuïtief en misterieus. “Elke vrou behoort ’n klein ietsie vir haarself te hou,” sê sy.

Halle is bekend vir haar rolle in flieks soos X-Men, Gothika, Swordfish, Monster’s Ball en Die Another Day. Kyk ook uit vir haar nuutste fliek, Frankie & Alice, waarin sy ’n vrou speel wat aan meervoudige persoonlikheidsteurnis ly en wat sukkel om haar ware self te wees.