FOTO: Instagram (@riawna)

Het jy gehoor?

Die gewildste haarstyl op Pinterest – kan jy raai wat dit is?

Die sosiale-fotonetwerk Pinterest het pas onthul watter haarstyl al die meeste op hul platform gedeel is, berig die Amerikaanse tydskrif Glamour aanlyn. En ons is glad nie verbaas nie om te sien watter een nie …

Volgens Pinterest is ’n deurmekaar of tousled lob (lang bob) tans die gewildste haarstyl en is dit al meer as 80 000 keer ge-“pin”. Ons is net so mal oor die sagte, golwende styl! Dis gemaklik en modern en pas by letterlik álmal, maak nie saak wat jou gesigvorm of haartekstuur is nie.

It’s no secret that I love peaches & cream color palettes @juliastegner @brentlawler @hungvanngo #covershoot

A post shared by Hung Vanngo (@hungvanngo) on

Die styl word gekenmerk deur baie lae en sagte golwe. Dit skep dimensie en tekstuur rondom jou gesig.

Beautiful biscuit #Babylights by @tara_edwardsandco and #cut by @renee_edwardsandco. #edwardsandco #edwardsandcobuddsbeach

A post shared by Hair Salons Across Australia (@_edwardsandco) on

Kry die voorkoms só:

* Wend ’n haarmousse, krulroom of soutsproei op jou skoongewaste, klam hare aan en druk (scrunch) dit met jou vingers opwaarts. Laat jou hare dan natuurlik droog word.

* Sodra jou hare droog is, kan jy ’n poeier-haarsproei of droë sjampoe gebruik om nog volume en tekstuur te skep.

* Jy kan ook ’n krultang of haaryster gebruik om klein stringe van jou hare liggies te krul. Krap dit dan effens deurmekaar vir ’n strand-voorkoms.

Talle bekendes spog op die oomblik met dié styl:

Karlie Kloss

@karliekloss @harryjoshprotools @hungvanngo

A post shared by Hung Vanngo (@hungvanngo) on

Victoria Beckham

Cate Blanchett

#CateBlanchett looking amazing in Victoria Beckham Pre-AW17!! I am obsessed with her!! x VB #VBPreAW17

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Rosie Huntington-Whiteley

Nina Dobrev

Change is good!!! #NewYear #NewDo #NewYou #NinaDobrev #901OG

A post shared by Riawna Capri | Hairstylist (@riawna) on

Bronne: www.glamour.com, www.marieclaire.com.au, www.newbeauty.com

Lees nou

Ons is mal oor dié nuwe manikuur wat oorneem

Skep ’n ‘sonsondergang’ op jou oë