FOTO:  youtube.com

FOTO: youtube.com

Het jy gehoor?

Die gewildste skoonheidstendens, volgens Google …

Die wêreld se voorste soekenjin, Google, het onlangs ’n interessante verslag bekend gestel waarin die afgelope twee jaar se gewildste skoonheidsoektogte onder Amerikaners onthul word. En volgens dié verslag neem hare beslis die voortou wanneer dit kom by skoonheidsgiere!

Goeie nuus vir Placecol-aanhangers – lees meer!

Vir die verslag het Google soektogdata wat betrekking het op skoonheid tussen 2013 en 2015 bestudeer en bevind dat haar-onderwerpe, van haarstyle en -kleure tot haarprodukte, in dié tydperk baie meer as enige ander skoonheidsonderwerpe gesoek is. Wat nog meer verrassend is, is dat mans se soektogte oor hare in dié tydperk die eerste keer dié van vroue verbygesteek het! Mans het sowat 6% meer as vroue vir raad oor haarstilering en -produkte gesoek, berig die Amerikaanse manstydskrif Details.

Cuban art and me #cuba

A photo posted by JARED LETO (@jaredleto) on

Danksy die sangers Harry Styles en Jared Leto was een van die top-soekonderwerpe vir mans die man bun (’n hoë bolla), asook die comb over-styl wat jaarliks al hoe meer gewild word. Vir vroue was vlegsels en haarkleur gewild. Omdat vlegsels so veelsydig is en jy ’n magdom van style daarmee kan skep, voorspel Google dat dié soekonderwerp nie gou uit die mode sal gaan nie. By haarkleur was trefwoorde vir silwer en pers haarkleure die meeste gebruik, met Rihanna en Kylie Jenner as inspireerders vir die silwer kleurtrend en Katy Perry en Nicole Richie as die ikone van pers hare.

Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker

Nóg interessante resultate:

  • Oor die afgelope twee jaar was van die gewildste trefwoorde “messy hair”, “balayage hair”, “top knot bun” en “dutch braid”.
  • Die top-3 haarprodukte waarvoor daar in dié tydperk gesoek is, is krultange (curling wands), droë sjampoe en sulfaatvrye sjampoe.

Bronne: www.details.com, www.thinkwithgoogle.com

Jy ken jou maat? O, regtig?