Het jy gehoor?

Die jaar van Natalie Portman, van ‘n Oscar tot gesig van Dior!

Dis juis haar intensiteit in die rol as prima ballerina in Black Swan wat haar die ideale keuse gemaak het vir die gesig van Miss Dior Chérie. Natalie Portman (29) vertel wat haar grootste uitdagings was in dié fliek en wat dit kos om haar mooi te laat voel.

As jy jouself in ’n spieël sien, waarvan hou jy die meeste?

Ek het ’n paar jaar gelede opgehou om myself krities te beskou. Ek kyk nie regtig na myself in terme waarvan ek hou en nie hou nie. Ek sê net “dit is ek” en ek aanvaar dat hierdie lyf my uiterlike dop is.

Wat is elegansie vir jou?

Vir my vloei elegansie uit moeiteloosheid, daardie gevoel dat jy nie te hard probeer nie. Jy kan dit sien wanneer iemand gemaklik is met wie hulle is en die klere wat hulle aanhet.

Wat was jou grootste uitdaging?

Om mense te oortuig dat ek ’n ballerina is in Black Swan was seker die moeilikste ding wat ek nóg moes doen in my werk.