autumn_winter_lifestyle
Het jy gehoor?

Die kleure van Indië

YSL se nuuste kleure is geïnspireer deur Indië en al die grimering is in skakerings van turkoois, indigo, oker en goud. Die verpakking pas by die bekoring van die Ooste en is gebaseer op konsepte soos weelde, vroulikheid, sensualiteit en misterie.

Kyk hoe hulle donker naels laat glimmer met ‘n tikkie goud! (Lees meer daaroor in die SARIE Mode en Skoonheidbylae wat in Mei 2011 beskikbaar sal wees.)

Dié reeks is reeds beskikbaar by uitgesoekte Edgars en Stuttafords takke.