FOTO: Instagram (@hilaryduff)

FOTO: Instagram (@hilaryduff)

Het jy gehoor?

Die kuif kraai koning! Kies die regte een vir jóú

Die laaste paar maande sien ons al hoe meer bekendes wat met ’n kuif op die rooi tapyt verskyn – selfs al is dit net ’n aanknip-kuif! En nou het die aktrise Hilary Duff pas ook ’n kuif laat sny. Is dit dalk dié seisoen se nuwe haartrend? Ons hoop so, want ’n kuif is van die maklikste en vinnigste maniere om nuwe lewe in jou haarstyl te blaas.

New bangs. Bang bang

A photo posted by Hilary Duff (@hilaryduff) on

Die aktrise Maisie Williams en supermodelle Karlie Kloss en Gigi Hadid is van die bekendes wat onlangs met ’n kuif gespog het. Maisie Williams

  Karlie Kloss

  Gigi Hadid

Daar is verskillende weergawes van ’n kuif en jy kan een kies wat by jóú pas. Kies ’n dikker, soliede kuif as jy ’n ovaal of lang gesigvorm het. ’n Langer kuif met baie tekstuur (tapered) versag weer die harde lyne van ’n vierkantige gesigvorm, terwyl ’n kantkuif perfek is vir ’n hartvormige gesig. En as jy bekommerd is dat die warm weer jou kuif maklik plat en leweloos gaan laat lyk, spuit soggens ’n paar spuitjies droë sjampoe aan die onderkant van jou kuif. Dit sal oortollige olie absorbeer wat deur die dag vorm.

Kyk net na dié plaaslike en internasionale bekendes vir kuif-inspirasie:

 

Dikker, soliede kuif

Amalia Uys

Sandra Bullock

Kantkuif

Rolanda Marais

When visiting my sister Rentia and her little Emma I get to sit next to Groot Beer in the winter sun. #winterson A photo posted by Rolanda (@rolandamarais) on

 

Taylor Swift

 

Langer kuif met tekstuur

Halle Berry

 

Leandie du Randt Bosch

Vredendal sien julle môre by Die Keldery Restaurant om 12nm saam @irene__louise #NoOneCanBeatYouAtBeingYou

A photo posted by Leandie du Randt Bosch(@leandiedurandt) on

Lees nou

Red só jou vel ná ’n propvol naweek

5 Goed om jou huis trendy te maak