eau_glacee
Het jy gehoor?

Die onverwagse andersheid van ʼn parfuum

Dié parfuum (R875 vir 50 ml EDT) is geïnspireer deur Hilary se vermoë om die koppe te laat draai en die sintuie te prikkel, en deur die feit dat jy nooit weet wat om van haar te verwag nie.

Net so verrassend is die unieke kombinasie van “ysige” bestanddele in dié parfuum: Die geur van vars bessies en viooltjies word versag met sitrusgeure, wit muskus en hout. Ook die bottel het, soos Hilary, kurwes op die regte plekke. Dit boots die idee van ʼn ys-beeldhouwerk na.