haarsorg perm celeb julianne hough haarsorg

FOTO: Instagram (@juleshough)

Het jy gehoor?

Is die perm op pad terug?

Modelle by modevertonings van die Amerikaanse ontwerper Diane von Furstenberg spog reeds twee agtereenvolgende modeseisoene met bonkige, glansryke krulle op die loopplank. En vroeër dié maand het die Australiese sangeres Kylie Minogue aanhangers laat wonder oor die datum toe sy ’n foto van haar nuwe bos krulle, wat aan die 1980’s herinner, op Instagram gedeel het … Kan dit wees dat een van dié dekade se gewildste haarbehandelings stadig maar seker terugkeer?

Some things never change #curls #backtobasics

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Só lyk 2016 se celeb-babas

Shelene Shaer, mede-eienaar van die Tanaz-haarsalon in Johannesburg, meen sy sal nie verbaas wees as vroue weer hul haarkapper vir ’n perm begin vra nie. “Die laaste paar jaar is krulle en golwende haarstyle baie gewild, want vroue verkies al hoe meer ’n natuurlike voorkoms. Die volume en tekstuur van krulle maak dit makliker om jou hare te stileer en jy kan ook jou hare minder gereeld kleur omdat jy nie die deel wat uitgroei so duidelik sien nie.”

Het jy geweet?

Die woord “perm” kom van “permanent wave”. ’n Chemiese formule word gebruik om jou haarstruktuur meer buigbaar te maak. Dan word jou hare in stywe krulle gedraai en met hitte geset. Dié krullerigheid kan tot drie maande hou.

Hoewel die formule van die behandeling vandag steeds dieselfde is, het haarstiliste nou meer beheer oor die grootte en voorkoms van die krulle danksy nuwe aanwendingstegnieke, sê Shelene. “Vir ’n moderne perm sal ons groter krulle skep wat sagter en meer vloeiend lyk.” Daar is ook ’n wye verskeidenheid stileringsprodukte beskikbaar om tuis jou perm te onderhou en langer te laat hou.

Só lyk die moderne perm

 

 

 

Bekommerd oor haarverlies? Hiér is 5 oplossings vir yl hare

As jy bekommerd is oor die skade wat die harde chemiese formule van ’n perm aan jou hare kan aanrig, is daar vandag ’n hele paar voedende haarbehandelings beskikbaar om dié skade teen te werk. Die Amerikaanse haarstilis Riawna Capri het onlangs met ’n perm sagte strandgolwe vir die aktrise en danser Julianne Hough geskep. Sy het egter vooraf die Safe Haven-aktrise se hare met die gewilde Olaplex-salonprodukreeks behandel. Dit herstel die disulfaat-bindings (chemiese bindings wat die proteïen-strukture van jou hare bymekaar hou) in die haarskag (die binneste deel) sodat jou hare glad, sag en soepel is.

Onthou jy nog?

Het jy ook in die 1980’s met ’n perm gespog? Ons wil jou foto’s sien! Deel jou perm-foto met ons saam met die hutsmerk #SARIEonthou op Facebook, Twitter of Instagram

#tbt … #earrings

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Ons Vrydaglysie: 10 van winter se beste dinge!