Het jy gehoor?

Die geur van Altyd joune!

Hierdie blommegeur  (R785 vir 50 ml EDP) volg in die voetspore van sy gewilde voorganger en vier die balans tussen romanse en moderne vroulikheid met vars roosnote.

“Geur is ‘n liefdesverhouding van die sintuie. Dit prikkel jou verbeelding en gryp jou siel aan,” sê Harry Fremont.

“Ek het dadelik geweet Ralph Lauren Romance gaan buitengewoon wees. Romanse gaan ver by tyd en tendense en omvat die emosie van die Ralph Lauren-handelsnaam. Romance Always Yours is ‘n geur wat ‘n nuwe hoofstuk verteenwoordig in hierdie mooi liefdesverhaal,” vertel hy.

En die botteltjie, met sy diamantgeslypte doppie, is luuks. Die perfekte trougeskenk. Enige geskenk!