FOTO: Instagram (@onedirection)

FOTO: Instagram (@onedirection)

Het jy gehoor?

Die wag is verby: One Direction se eerste parfuum binnekort in SA!

Die gewilde Britse musiekgroep One Direction se eerste parfuum is binnekort in Suid-Afrika te kry!

Hoewel jy eers tot volgende jaar moet wag om dié groep in SA te sien optree, kan jy reeds vanaf Augustus hul parfuum One Direction Our Moment (R595 vir 50 ml EDP) geniet. Volgens ’n persverklaring is dié debuut-parfuum spesiaal vir One Direction-aanhangers ontwikkel om dankie te sê vir hul lojale ondersteuning. “Dis ’n parfuum wat dít waaroor ons sing, weerspieël: ’n geur wat jou beeldskoon laat voel en al die klein dinge wat jou spesiaal maak, beklemtoon.”

One Direction se eerste parfuum Our Moment (R595 vir 50 ml EDP)

One Direction se eerste parfuum Our Moment (R595 vir 50 ml EDP)

One Direction Our Moment se topnote sluit geure soos pomelo en wildebessies in. Ander note is onder meer jasmyn, frangipani, romerige muskus en patsjoelie.

One Direction se kortfilm – lees meer!

Kyk hiér na die advertensie vir One Direction Our Moment.

Kyk vanaf Augustus uit vir ’n beperkte aantal bottels van dié vrolike geur. Eksklusief beskikbaar by Foschini en Dis-Chem.

Raai wie is die gesig van Jimmy Choo se eerste mansparfuum?