FOTO: Twitter (@TheAcademy)

FOTO: Twitter (@TheAcademy)

Het jy gehoor?

Disney-prinsesse op Oscar-rooi tapyt

Aanhangers moes omtrent twee keer kyk toe die aktrise Alicia Vikander gisteraand op die Oscar-rooi tapyt verskyn het. Sy het van kop tot toon presies soos Belle van Disney se Beauty and the Beast gelyk.

Alicia Vikander en Michael Fassbender ís toe saam

Alicia, wat bekroon is met die Oscar vir beste vroulike byspeler vir haar rol in The Danish Girl, het geskitter in ’n pastelgeel moulose Louis Vuitton-skepping met silwer detail en bypassende silwer hakke. Saam met ’n middelpaadjie is die boonste helfte van haar hare in ’n netjies bolla vasgemaak en die res van haar hare golwend sag gelaat. En nes Belle het sy gespog met rokerige oë in neutrale skakerings en rosige lippe.

Oscars: Mode-evolusie van Kate Winslet en Cate Blanchett

Maar dis nie die eerste keer dat ’n bekende se voorkoms ons aan ’n Disney-prinses herinner nie. Wie kan die aktrise Lupita Nyong’o se ikoniese poeierblou Prada-rok op die 2014 Oscar-rooi tapyt vergeet? Met haar vloeiende rok en fyn silwer haarband het sy vir baie nes Cinderella gelyk. Sy het ook in dié jaar met die Oscar vir beste vroulike byspeler vir haar rol in 12 Years a Slave weggestap.

Wat dink jý?

Hou jy van Alicia Vikander se Oscar-voorkoms?

  • JA
  • NEE

Bronne: www.eonline.com, www.nydailynews.com

Uiteindelik het Leonardo DiCaprio sy Oscar!