FOTO: Boss Parfums

FOTO: Boss Parfums

Het jy gehoor?

Divergent-akteur nuwe gesig van mansparfuum

Die super-sexy Britse akteur Theo James is pas onthul as die gesig van ’n splinternuwe mansparfuum van die ikoniese handelsnaam Hugo Boss. Dié aankondiging en eerste advertensiefoto’s sorg vir groot afwagting vir wanneer die nuwe mansgeur, Hugo Boss Boss The Scent aan die einde van Augustus oorsee bekend gestel word.

Die regte betekenis van dié 6 emoji’s

Theo is bekend vir sy rolle in die gewilde Divergent-fliekreeks en straal intelligensie, sjarme en selfversekerdheid uit, volgens Boss Parfums in ’n persverklaring.

Die 30-jarige ster is opgewonde vir sy rol as die nuwe ambassadeur en glo die veldtog gaan die handelsmerk se ikoniese reputasie weerspieël. “Ek bewonder al lank die Boss handelsmerk se vermoë om die perfekte balans tussen klassiek en byderwets te vind,” sê die akteur in ’n persverklaring.

 

Hiér is Spree se grootste uitverkoping nóg! 

Hugo Boss Boss The Scent (EDT) bevat note van gemmer, laventel en leer wat sorg vir ’n uiters verleidelike en manlike geur. Met dié aankondiging volg Theo in die voetspore van ’n string sexy akteurs soos Gerard Butler, Ryan Reynolds en Orlando Bloom wat in vorige advertensieveldtogte vir Hugo Boss-parfuums verskyn het.

Introducing #bossthescent​, the seductive new #fragrance for men. Coming September 1. #theojames

A photo posted by HUGO BOSS (@hugoboss) on

Het jy geweet?

  • Theo is baie privaat en het al in ’n onderhoud met die Amerikaanse tydskrif Flaunt genoem dat hy nooit sosiale media platforms soos Twitter of Instagram sal gebruik nie.

Op jou mooiste: Jou parfuum ontsyfer