Het jy gehoor?

DKNY se nuutste parfuum vir SARIE-lesers in Kaapstad bekendgestel

Dink reëndruppels wat sag val op vanieljepeule, diep in die woude van Uganda . . .

Op 20 Januarie is ‘n groep SARIE-lesers in Kaapstad getrakteer op ‘n baie spesiale vóór-bekendstelling-funksie om pureDKNY te ervaar. Die parfuum is só splinternuut dat baie werknemers van die maatskappy dit self nog nie eens geruik het nie, en dit sal eers teen einde Maart in SA op die rakke wees.

Die spierwit dekor en blomme, met die sagte gebruis van sjampanje, was die perfekte uitdrukking van pureDKNY se vermenging van kalmte, ‘n bewuste lewe en subtiele luukse.

 

So, elke keer as jy jouself bederf met ‘n sagte sproeitjie help jy vroue in Uganda om ‘n eerbare lewe te maak

 

Hierdie parfuum se hoofbestanddeel is vanielje, maar nie sommer enige vanielje nie. Nee, vir dié lekkerruik-heerlikheid het DKNY ‘n vennootskap aangegaan met Ugandese vroue wat twee keer per jaar, op húl manier, hul inheemse vanieljepeule oes. Slegs hierdie suiwer, eko-bewuste vanielje word in pureDKNY gebruik. So, elke keer as jy jouself bederf met ‘n sagte sproeitjie help jy vroue in Uganda om ‘n eerbare lewe te maak ­- en ons weet mos ‘n bemagtigde vrou bemagtig haar hele gesin.

Dié eko-bewustheid word ook deurgevoer na die verpakking van pureDKNY: die glasbottel en aluminium-doppie is herwinbaar, die papier vir die boksie kom van volhoubare papierwoude en selfs die ink waarmee die verpakking bedruk is, met lae vlakke van vlugbare organiese stowwe, is omgewingsbewus. Dís nou jouself bederf met ‘n skoon gewete!

Wees op die uitkyk vir die lieflike advertensieveldtog met topmodel Angela Lindvall. Teen einde Maart kan almal pureDKNY gaan ervaar by hul naaste DKNY-toonbank. Dit sal beskikbaar wees in 30 ml EDP (R425), 50 ml EDP (R595) en vir ‘n beperkte tydperk in 100 ml EDP (R795).

  • annaline

    Sjoe maar dit was lekker;-)

  • Linda Lochner

    Dit was fantasties verby! Dankie aan almal wat ons so spesiaal laat voel het. Die mooiste was die wit dekor en almal wat soos engele in hulle wit klere gelyk het!

  • Elmine Myburgh

    I want to thank you for the opportunity which I had to experience the DKNYPure perfume.

    I am excited and cannot wait for the big sizes to become available, as this will be my new favourite perfume, as it has a pleasant fragrance.

  • ynDraU oxykhkcybebu, [url=http://rzwgeftufvam.com/]rzwgeftufvam[/url], [link=http://xzjjawemvttb.com/]xzjjawemvttb[/link], http://zhnfhofymuca.com/

  • Heila

    Baie spyt ek het die spesiale geleentheid gemis!
    As daar ooit weer so n geleentheid na my kant toe kom, gryp ek dit beslis aan…..

  • Rina Shawe

    Ek en my vriendin het die geleentheid by Johannesburg bygewoon 1 Maart 10 en dit was ongelooflik! Baie dankie aan die wat dit moontlik gemaak het. Hulle het ons baie bederf en net meer spesiaal laat voel.
    Ek kan nie wag vir die parfuum om op die rakke te kom nie. Die is werklik my nuwe gunstelling parfuum!