FOTO: Dove

Het jy gehoor?

Dove soek jóú vir nuwe advertensieveldtog

Die skoonheidshuis Dove is bekend daarvoor dat hulle gewone vroue in hul advertensieveldtogte gebruik. Nou word alle Suid-Afrikaanse vroue genooi om in hul nuutste Dove Beauty Bar-veldtog te verskyn.

SA vroue deel van wêreldwye Dove-veldtog!

Vir dié veldtog word vroue aangemoedig om Dove Beauty Bar (R9) vir sewe dae op hul gesig te gebruik en daarna ’n foto of selfie van hul “stralende self” op die Dove Wants You-app te laai. Dié app is spesiaal  vir die veldtog ontwikkel en kan op hul Facebook-blad gevind word. ’n Mosaïek van al die vroue wat deelgeneem het gaan dan vir die advertensieveldtog gemaak word en op reklameborde en in gedrukte media verskyn.

FOTO: Dove

FOTO: Dove

“Deur vroue aan te moedig om hul gemaksones te verlaat en hul stralende skoonheid in die publiek te openbaar, skep ons ’n mosaïek van positiewe foto-inskrywings om ander vroue te inspireer en te motiveer,” sê Kate Swan, bemarkingsbestuurder van Dove. Besoek die Dove South Africa Facebook-bladsy om jóú foto voor 31 Oktober op te laai.

Skoonheid is ’n gemoedstoestand – lees meer oor Dove se vorige advertensieveldtogte!