Miley se nuwe blonde bob. FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

‘n Pruik of nie?

’n Paar bekendes is onlangs gesien met splinternuwe haarstyle, maar op watter foto’s dra dié bekendes pruike?

Reese Witherspoon het onlangs haar lang blonde hare in ’n moderne bob gesny. Skaars ’n week later sien ons haar toe op haar Instagram- en WhoSay-profiel met donker hare. Boonop is haar donker hare langer as ’n paar dae gelede se blonde bob.

Die geheim? Reese het ’n pruik op die stel van ’n nuwe fliek, The Good Lie, gedra. Volgens E! Online is sy later dieselfde dag in Los Angeles gesien – weer met die blonde lang bob!

Dit lyk of Miley Cyrus ook ’n nuwe haarstyl het.

Miley se nuwe blonde bob. FOTO: Twitter

Miley se nuwe blonde bob.
FOTO: Twitter

Die ster het haar kortgeskeerde voorkoms Saterdagaand vir ’n kort bob met ’n reguit kuif verruil by die jaarlikse KROQ Almost Acoustic Christmas-konsert in Los Angeles. Saterdagoggend het sy nog ’n selfie getwiet waarop haar geskeerde voorkoms te sien was.

Miley het ook in November ’n selfie getwiet waar sy ’n blonde pruik in ’n bob-styl (ook met ’n reguit kuif) dra en verduidelik dat sy ‘n bietjie met pruike speel.

Volgens die aanlyn-nuusblad Huffington Post het die sangeres al erken dat sy haar lang hare mis … Kan ons dus ’n nuwe voorkoms van die rebelse ster verwag?

Selfs Jennifer Aniston het op die stel van ’n fliek ’n pruik in die bob-styl gedra – voordat sy haar hare gesny het!

Watter ander bekendes dink jy dra pruike?