FOTO: Diesel

FOTO: Diesel

Het jy gehoor?

Eerste FOTO: Sexy akteur nuwe gesig van mansparfuum

Die mode- en parfuumhuis Diesel het dié week onthul dat die sexy akteur Liam Hemsworth die nuwe gesig van hul ikoniese Diesel Only The Brave-mansparfuum is. Dis ook die eerste keer dat ’n internasionaal bekende as die gesig van ’n Diesel-geur verskyn.

Plaaslike advertensie-regisseur gaan Cannes toe

Tot ons spyt het dié gewilde modehuis nie veel meer as ’n swart-wit foto van die 25-jarige Australiër gedeel nie. Ons sien met groot afwagting uit na die advertensieveldtog wat later dié seisoen bekend gestel gaan word.

Diesel het dié sexy foto op hul Instagram-profiel gedeel

George Clooney vertel hoe hy Amal die groot vraag gevra het

Die ikoniese Diesel Only The Brave (R925 vir 75 ml EDT) bevat note van sitrus, koljander, amber en leer en kom in ’n ikoniese blou glasbottel in die vorm van ’n vuis.

Diesel_OTB only the brave bottle

Die mansgeur Diesel Only The Brave

Het jy geweet?

  • Diesel se Only The Brave-mansgeur is geïnspireer deur die handelsmerk se stigter, Renzo Rosso, en ’n “RR”-tatoeëermerk wat hy op sy regterhand se kneukels ter viering van sy 50ste verjaardag gekry het.
  • Liam is bekend vir sy rolle in die gewilde The Hunger Games-fliekreeks en as die jonger broer van Thor-ster Chris Hemsworth.
Die stigter van die Diesel-handelsmer, Renzo Ross, en sy 'RR'-tatoeërmerk wat hy vir sy 50ste verjaardag gekry het. FOTO: Instagram (@renzorosso)

Die stigter van die Diesel-handelsmerk, Renzo Ross, en sy “RR”-tatoeëermerk wat hy vir sy 50ste verjaardag gekry het.
FOTO: Instagram (@renzorosso)

DIY-Donderdag: 3 resepte vir bad-bederf