FOTO: Instagram (@jomalonelondon)

FOTO: Instagram (@jomalonelondon)

Het jy gehoor?

Poppy Delevingne eerste gesig van Britse skoonheidshuis

Die bekende Britse skoonheidshuis Jo Malone het onlangs die model en sosiale vlinder Poppy Delevingne as sy heel eerste internasionale gesig aangewys. Gesofistikeerd, oorspronklik, gasvry – met dié eienskappe is Poppy die perfekte Jo Malone London Girl, volgens ’n persverklaring.

George Clooney gesels oor die getroude lewe

Die 29-jarige Poppy het naam gemaak as ’n model en is ook die ousus van die supermodel-van-die-oomblik Cara Delevingne. Die skoonheidshuis het verklap dat Poppy, in haar rol as die nuwe Jo Malone London Girl, onder meer ’n reeks intieme glansgeleenthede namens die skoonheidshuis gaan hou. “Poppy se persoonlikheid is aansteeklik … sy skep ’n gevoel van feestelikheid met alles wat sy doen,” sê Jean-Guillaume Trottier, die globale algemene bestuurder van Jo Malone, in ’n persverklaring.

Dressed to bloom. @PoppyDelevingne was the belle of #TheBlossomBall last night. #JoMaloneLondonGirl #Ambassador

A photo posted by Jo Malone London (@jomalonelondon) on

Vier Wêreld-Oseanedag met ikoniese vogroom

Poppy is egter geen vreemdeling wanneer dit kom by Jo Malone nie. Jo Malone se Red Roses-geur is reeds vandat sy 22 is een van haar gunstelinge. Daarby was hul Amber & Lavender-mansgeur die eerste ding wat haar na haar man, James, aangetrek het. “My huis is vol van Jo Malone se kerse en ek het my troue gegeur met Orange Blossom, wat my nog steeds vlinders op my maag gee.”

 

Ohhhh what a night @jomalonelondon #JoMaloneLondonGirl #TheBlossomBall

A video posted by Poppy Delevingne (@poppydelevingne) on

Brangelina binnekort weer saam in fliek