FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

FOTO: © Alexi Lubomirski vir Lancôme

Het jy gehoor?

Eerste kykie na Lupita Nyong’o in skoonheidshuis Lancôme se advertensieveldtog

Die eerste foto van Oscar-wenner Lupita Nyong’o as die gesig van skoonheidshuis Lancôme se nuutste advertensieveldtog is hier!

Dié Keniaanse aktrise se natuurlike skoonheid maak haar die perfekte gesig vir die Lancôme Teint Idole Ultra 24H-onderlaag wat spog met 28 verskillende skakerings – “vir alle velkleure”.

Pas gehoor: Lupita Nyong’o die nuwe gesig vir skoonheidshuis Lancôme

Lupita het dié foto onlangs op Instagram gedeel en die veldtog speels bestempel as ’n geheim wat sy nooit beplan het om te hou nie.

Met hierdie foutlose advertensieveldtog volg Lupita in die voetspore van aktrises soos Emma Watson, Julia Roberts, Kate Winslet en Penélope Cruz wat voorheen ook dié skoonheidshuis verteenwoordig het.

Hoewel die advertensieveldtog nog net in die VSA vrygestel is, hoop ons om dit binnekort in Suid-Afrika ook te sien!

Het jy geweet? Lupita is die vierde Lancôme-gesig wat al ’n Oscar gewen het! Julia Roberts, Kate Winslet en Penélope Cruz het ook al dié toekenning ontvang.

Lancôme-sterre skitter!