Het jy gehoor?

Eerste kykie na nuwe parfuum-advertensieveldtog

Die mode-en-skoonheidshuis Dior het onlangs ’n kort video as voorsmakie vir ’n splinternuwe Dior J’adore-advertensieveldtog gedeel. En natuurlik skitter ons eie Charlize Theron weer as die gesig van dié ikoniese parfuum.

In die video is Charlize se sygladde bene te sien terwyl sy in ’n sagte goue rok, J’adore se kenmerkende kleur, in ’n elegante onthaalsaal stap. Aan die einde van die video hoor jy hoe Charlize sê: “Die toekoms is goud.”

Charlize Theron se Jackson gaan skool in die Kaap!

Kyk die kort video hiér.

Om aanhangers nóg meer opgewonde te maak is ’n kort video-onderhoud ook vrygestel waarin Charlize haar antwoord gee op die vraag: “Wat is die toekoms?”

Charlize Theron skitter langs Dior-loopplank

Vanjaar is Charlize se tiende jaar as die gesig van Dior J’adore, terwyl dié blomgeur, met note soos magnolia, jasmyn en bosbessie, reeds 15 jaar oud is.

Hoewel dié eerste kykie nie veel verklap nie, is ons nuuskierig om te sien wat die nuwe Dior J’adore-kortfilm, wat op 3 September bekend gestel word, inhou.

FOTO: Dior J’Adore Eau de Parfum (verskaf)

FOTO: Dior J’adore Eau de Parfum (verskaf)

Supermodel gesig van nuwe Chanel-parfuum – lees meer!